Friday, November 9, 2007

Droom 4

‘n Ander droom wat ek gehad het het ek saam met ‘n groep mense geloop, ons almal het ‘n bos blomme in ons hande gehad maar hulle almal het afgekyk en soos “zombies” geloop. Ons almal het na ‘n “monolith” geloop, die mense voor my het hulle blomme voor dit neer gesit. Ek weet nie wat my gedryf het nie maar ek het verby geloop en by ‘n ander “monolith” gaan staan en toe die blomme voor daardie een neer gesit. Die “monolith” het ‘n gesig ontwikkel en met my gepraat, ek kon hom nie hoor nie maar hy hey ‘n glimlag op gehad asof hy my dank.

No comments: